
KLEINMOND – Kleinmond se eerste span het die afgelope naweek harde bene gekou teen Stanford se Universals. Die nuwelinge in die liga het ‘n lekker spannetjie en hulle is goed gemotiveer. Daarvan spreek hulle terugvegpoging in die laaste twintig minute van die tweede helfte.
Kleinmond het goed begin en twintig punte opgestapel teen halftyd terwyl Stanford tevrede moes wees met ‘n drie en ‘n strafskop. Kleinmond het gesukkel in die eerste helfte met die skrums. Ek is nie seker of dit hulle bindwerk was nie, maar dit was opmerklik. Dit het beter gegaan in die tweede helfte, maar Stanford het ‘n goeie pak.
Kleinmond het uiteindelik die wedstryd met ‘n enkele punt gewen (30 – 29) en dit slegs omdat die manne alles ingesit het om die wit truie in daai laaste tien minute van hulle doellyn af weg te hou.
Alles inaggenome het Kleinmond nie sleg gedoen nie. Hulle het ten spyte van talle beserings en veranderings by die klub self, opgedaag en hul beste gegee. Dit is al wat jy kan vra.
Nou lê hef aan voor.
Dié naweek is dit Hawston se Skrik vir Niks wat op Kleinmond kom speel.
Hulle is soos gewoonlik die gunstelinge en het nog net een wedstryd vanjaar, teen die Rangers, verloor. Hawston is tans derde op die liga se punteleër met Kleinmond in die agtste plek na hy twee gewen en twee verloor het.
Kom ons kyk wat gebeur. Baie gaan afhang van beserings en wie uiteindelik vir Kleinmond op die veld kan draf. Dit sal Skrik vir Niks baat om nie te gerus te wees nie.

- Gerard Groblerhttps://overstrandherald.co.za/author/gerard-grobler/April 17, 2025
- Gerard Groblerhttps://overstrandherald.co.za/author/gerard-grobler/April 17, 2025
- Gerard Groblerhttps://overstrandherald.co.za/author/gerard-grobler/