
Met verwysing na die berig in Herald 27 Februarie 2025, wil ek net graag my mening opper.
Is ek dom as ek sê huiskatte kry genoeg kos en hulle is nie die problem nie. In die geval van rondloperkatte wat moontlik ‘n probleem kan wees, wonder ek indien hierdie klokkies goedgekeur word, wie hulle gaan vang en klokkies aansit?
Roofvoëls, slange & muishonde vang Tarentaal en Kolgans kuikens en haal selfs kuikens uit neste. Dit is die natuur en mense moenie inmeng nie. Tarentaal en Kolganse keer katte weg van hul kuikens.
Loslopende honde wat deur eienaars sonder ‘n leiband laat loop word, is ‘n groot probleem en het al by vele geleenthede Tarentaal kuikens gejaag en vertrap. Kleinmonder