RUGBY – Die liga skop dié naweek af met Kleinmond wat die Rangers van Bredasdorp op die Sandput aandurf. Ek het Dinsdagaand gou ‘n draai gemaak by die oefening en daar is heelwat nuwe gesigte en ‘n lekker gees. Ek hoor gerugte van nuwe voorspelers, maar het hulle nou nog nie in aksie gesien nie. Die gebrek aan veral stutte is die afgelope paar jaar ‘n probleem vir die Kleinmonders. Die ander spanne in die streek het feitlik almal groot en sterk pakke en Klagelag se manne moes die afgelope paar seisoene manière kry om rondom dit te werk. Dit is moeilik want daardie groot pakke kry uiteindelik die oorhand en dan word hul skrum die grondslag van hul aanvalle.

Die manne wat weet het Dinsdag langs die veld vertel dat daar ‘n paar verrassings voorlangs op Kleinmond se teenstanders wag. Hulle reken Kleinmond behoort vanjaar beter te kan kompeteer in die skrums. Kleinmond se agterlyn het nog altyd die skietgoed gehad, dit is voorlangs waar hulle swaar gekry het. Kry ons dit reg is daar net goeie dinge in die vooruitsig.

Intussen was daar ‘n op-stootjie by Maandagaand se vergadering van die rugby-klub. Uiteindelik is daar ‘n nuwe bestuur gekies om die interim bestuur te vervang. Noudat dit agter die rug is, is dit tyd om hande te vat en die aandag op die opponente te fokus.

Die nuwe bestuur word aan-gevoer deur Andrew Martin van Kleinmond Superspar as voorsitter.

Greg Jonas is ondervoor-sitter. Denver Cronje is die kassier, Elvisia Wilskut die sekretaresse (en voorvegter op die klubrugby-groep) terwyl Andrit October die wedstryd sekretaresse is.

Nog lekker rugbynuus is dat Klagelag se eerstes Saterdag op die veld sal draf met spoggerige nuwe truie wat deur klein Schalk Boonzaaier van Supa Quick geborg is. Die nuwe truie met die groot Proteas lyk indrukwekkend en is van goeie gehalte. Hier-die mooi skenking kom op net die regte tyd.

Die klub het ‘n program waar almal kan bydrae. Daar is baie manne wat lief is vir die spel, maar die geld is nie altyd daar vir ‘n stel ordent-like rugbystewels nie.

Met die Back-A-Player pro-gram kan jy help om dit moontlik te maak, een speler op ‘n slag. Daar is ook ‘n groot behoefte aan skenkings vir brandstofgeld vir spelers om by die oefeninge en wedstryde uit te kom. Bel vir Clement (071 850 3075) of Bazil (076 088 8347) as jy kan help.

Nou ja, ons het die stutte, ons het die truie, nou wag ons net vir Bredasdorp se tiertjies.

Gaan kyk gerus na die onderhoude met Dustin Stewart (afrigter) en Emile Swartz op www.overstrandherald.co.za.

Dit is ook waar ons voortaan ons rugbyfoto’s gaan laai. Dis verniet en gratis, maar jy moet die eerste keer registreer. Ons is moeg gewerk vir mnr Mark Zuckerberg. Hy betaal niks nie en verwag ons moet sy werk vir hom doen.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *