
KLEINMOND – Wat ‘n ongelooflike dag vol krieket , lag , gees en samesyn – van die eerste bal wat geslaan is tot die laaste oor. Daar was baie pryse te wen, wat deur goedgesinde skenkers uit die gemeenskap geborg is.
Hier is die wenners:
Kampioen van die dag: Village Vibes Surf and Sport Store Kleinmond.
All-Rounder van die dag: Reno Botes.
Beste Bouler: Philip Snyman.
Beste Kolwer: Diggers.
Spangees wenner: Kleinmond Glass & Aluminium
Oudste speler: Oom Johan van der Westhuizen – hy wys jou ouderdom is net ‘n nommer!
Die kinders het gelag, die balle het gevlieg, en die gees was on FIRE!