
‘n Jong talentvolle atleet, Lienke Van der Berg en haar pa, Dolfie spreek groot dank uit oor elkeen wat hulle Back-a-buddy veldtog ondersteun het.
“Ons het al ‘n uitmuntige R49 000 ingesamel,” vertel Dolfie.
Lienke wat merkwaardige vordering maak op die gebied van mededingende sportskiet, droom daarvan om Suid-Afrika te verteenwoordig en haar Springbok (Protea) kleure te verwerf.
Lienke is ‘n individuele gleuf geborg om deel te neem aan die PCC World Shoot, wat op 14 Mei 2025 in Praag, gehou sal word.
Hierdie is ‘n gesogte geleentheid om teen die beste skuts in die wêreld mee te ding en Suid-Afrika as ‘n individuele skut op ‘n internasionale verhoog te verteenwoordig.
Gemeenskapsondersteuning maak dit moontlik vir Lienke om op internasionale platforms mee te ding.
Die borgskap dra by tot die bevordering van Lienke en dek die toerusting, reis, opleiding en kompetisiefooie.
“Ek is trots om die handelsmerke van besighede wat die geleentheid vir my realiseer te verteenwoordig deur logo-plasings op my skietuitrusting en erkenning in kompetisies asook mediadekking te gee,” vertel sy.

Die plaaslike speurhoof a.o. Jakes Jacobs gaan ook die kampioenskappe bywoon as baanbeampte. “Ek is opgewonde want dit sal my eerste reis oorsee wees,” vertel hy.
Lienke het in 2024 by Somerset-Wes Pistoolklub, Boland provinsie en SAPSA (Suid-Afrikaanse Praktiese Skiet-vereniging) aangesluit om op nasionale vlak, in die Wes-Kaap, Boland en klubkompetisies te kon skiet.
Lienke het ook die afgelope naweek ‘n derde plek in Limpopo behaal “Ek het vir die SA kampioenskappe ingeskryf as ‘n super Junior(12-16 jaar), maar weens te min super Junior inskrywings het die bestuur my geskuif om deel te neem in die Dames-klas van 18-50 jaar”, vertel sy.