
PRINGLEBAAI – Die stryd vir die behoud van die Hangklip-sleephelling by Masbaai as geregistreerde bootlanseringsplek gaan verder gevoer word.
‘n Sterk taakgroep is Maandagaand hier by ‘n terugvoeringsvergadering van ‘n tussentydse taak-span aangewys om teen Paasnaweek voorstelle in dié verband aan die Munisi-paliteit Overstrand te doen.
Meer assewentig belang-hebbendes van sover as Hermanus en die Strand het by die geleentheid opge-daag, waar Johan van der Vyver verslag gedoen het oor wat die tussentydse taakspan (of garagepaartie) sedert die Eerste Donderdag-vergadering in Desember verlede jaar bereik het.
By dié geleentheid in Pringlebaai het baie plaas-like vissermanne ontevre-denheid uitgespreek oor voorgestelde aanbevelings aan die provinsiale minister van plaaslike regering, om-gewingsake en ontwikke-lingsbeplanning dat die Hangklip-sleephelling weens swak infrastruktuur en probleme met “wetlike verantwoordelikhede” ge-sluit word.
Tydens ‘n spesiale raads-vergadering op Woensdag, 11 Desember 2024, het die uitvoerende burgemeester van Overstrand, dr Annelie Rabie, aangekondig dat die aanbevelings voorlopig nie aan die betrokke provinsiale minister gestuur sal word nie. Verdere gesprekke en skakeling met openbare organisasies sal plaasvind, en die saak sal ná die Paas-naweek hersien word.
Van der Vyver het gesê die aanvanklike groep van beswaardes (oftewel garagepaartie) het intussen voortgegaan om na die be-trokke wetgewing te kyk en met ander rolspelers kontak te maak.
Hul bevinding is dat wanneer ‘n sleephelling gederegistreer word, word dit onwettig om bote by so ‘n plek te water te laat en kan booteienaars groot boetes opgelê word. Dit sal die plaaslike ekonomie en die bestaansvisserykoöperasies nadelig raak.

Die kostes wat die owerhede hoop om te bespaar, is ook nie so omvangryk as wat aangedui is nie. Een daar-van was om ‘n gebou vir toegangsbeheer op te rig wat onprakties gaan wees en nie sal werk nie.
Die sleephelling is wel in ‘n swak toestand en sal opgradeer moet word. Bedryfskostes van ‘n sleephelling sal sowat R50 000 per jaar beloop.
Van der Vyver het verwys na ‘n poging in 2010 om ‘n Hangklip-bootklub op die been te bring en die vereiste impakstudies is gedoen. Die proses is gestaak toe die inisieerders na bewering doodsdreigemente ontvang het.
Hoewel wetgewing vereis dat ‘n munisipaliteit in beheer van sleephellings moet wees, wat buite beperkte areas of operasionele hawens is, kan plaaslike owerhede ‘n ooreenkoms aangaan met organisasies om ‘n sleep te bedryf.
Dit los twee opsies vir die Hangklip-sleephelling: versoek die Munisipaliteit Overstrand om dit te bedryf wat dan die gevaar skep dat dit weens swak bestuur wel gederegistreer word of sluit ‘n ooreenkoms met behulp van die Pringlebaaise Belastingsbetalersvereniging (PBBV) oor die bestuur daarvan.
Vissermanne sal ‘n liggaam moet stig om die PBBV by te staan.
Volgens Van der Vyver, wat later by die vergadering deur die PBBV-voorsitter, mnr Gert Bam, bevestig is, het die PBBV tydens die onlangse wykskomitee vergadering hul belang geregisteer om saam met die ON opsies te ondersoek om die fasiliteit te finansier. Ook om te bestuur tot voordeel van alle belanghebbende partye. Tydens die bespreking van die voorstel, het die oorgrote meerderheid van mense hulle ten gunste van die ooreenkoms-opsie uitge-spreek.
Mnr John Pretorius van ‘n kleinskaalse visserkoö-perasie in die Strand het ook die behoefte gelug om ‘n landingsplek vir kommersiële vangste daar te skep want regte vir die oes van seebamboes in dié Hangklip-gebied is deur die Departement van See-visserye, Bosbou en die Omgewing uitgereik.
Mnr Barry de Klerk het daar-op gewys dat soortgelyke ooreenkomste op verskeie plekke aan die Skiereiland met Stad Kaapstad gesluit is.
Bam van die PBBV het dit bevestig en gesê hy was as munisipale amptenaar daarby betrokke.
Hy het ook daarop gewys dat dit ‘n behoefte by die munisipaliteit is om met een instansie oor sulke aspekte te onderhandel.
Hy was verder van mening dat die belangrik is om teen spertyd die munisipaliteit in te lig oor die voorneme om ‘n ooreenkoms aan te gaan, maar dat dit nog lank sal duur om die finale ooreenkoms in plek te kry.
Die taakgroep wat aangewys is bestaan onder andere uit Van der Vyver, Hannes Truter, Alan Griffen, Justin Enslin van die Departement van Seevissery, Zach Loots, Neville Schreüder, Alan Barnard, John Pretorius en Mary Hull.
By die afsluiting het Van der Vyver vir Bam en raadslid Theresa Els bedank vir die skakelwerk en sleutelrolle wat hulle sover in die proses gespeel het.