Jul 24, 2020

Die eienaar van die Gerimed tehuis vir bejaardes op Kleinmond, mnr Carel Pieterse, het vanoggend bevestig dat daar tans vier Covid-gevalle by die tehuis is. Gerimed en sy inwoners is reeds sedert die begin van die inperking in afsondering en slegs werknemers mag die perseel binnekom. Pieterse sê die betrokke inwoners is Maandag getoets en die uitslae is Woensdag ontvang. Die vier positiewe gevalle is tans in isolasie en daar word volgens Pieterse ingevolge die protokolle opgetree. Hy sê inwoners van die tehuis en hul families is almal in kennis gestel. Pieterse sê al vier die pasiente sterk tans goed aan..

Phone:
(27) 0282714212
Address:
17 A 14th street, Kleinmond, South Africa 7195
Hours:
Monday - Wednesday: 8:00 am - 1:00 pm, 2:00 pm - 5:00 pm Thursday - Friday: 8:00 am - 1:00 pm
Turn your Facebook Page into a website, instantly.

Try now for 14 days FREE

No credit card required, unsubscribe at any time. pagevamp.com