Feb 18, 2019

Die Herald het vanoggend 'n nuwe webwerf, www.kleinmondonline.co.za geloods. Die Overstrand Herald se webtuiste, www.overstrandherald.co.za, is sedert sy ontstaan iets tussen 'n webtuiste vir nuus en iets wat die dorp wil bemark. Dit verander nou. Die Herald se webtuiste sal uitsluitlik fokus op nuus terwyl kleinmondonline.co.za 'n rol gaan probeer speel in die bevordering van toerisme na ons streek. Ons skop af met net enkele funksionaliteite, die belangrikste waarvan 'n behoorlike kalender van gebeure in ons vier dorpe is. Dit is iets wat ons reken noodsaaklik is en niemand nog behoorlik kon regkry nie. In die proses gaan ons ook van ons sosiale media kanale gebruik maak om geleenthede te bemark. Dit is belangrik want inwoners en toeriste wil met een oogopslag kan sien wat waar gebeur. Dit op sigself sal toerisme bevorder, glo ons. Maar daar kom sommer nog baie interessante dinge. Hou gerus ons facebookblad kleinmondonline en die webtuiste self, www.kleinmondonline.co.za dop

Phone:
(27) 0282714212
Address:
17 A 14th street, Kleinmond, South Africa 7195
Hours:
Monday - Wednesday: 8:00 am - 1:00 pm, 2:00 pm - 5:00 pm Thursday - Friday: 8:00 am - 1:00 pm
Turn your Facebook Page into a website, instantly.

Try now for 14 days FREE

No credit card required, unsubscribe at any time. pagevamp.com