Die Herald se verslaggewer het pas teruggekeer van Bettysbaai.
Jan 11, 2019

Die Herald se verslaggewer het pas teruggekeer van Bettysbaai. Die skade is skrikwekkend. Op die draai na die ingang van Bettysbaai vanaf Kleinmond se kant le 'n uitgebrande Toyota Yaris. Net van die R44 af kon ons ten minste 30 huise sien wat of heeltemal verwoes is of erg beskadig is. Van die huise brand nog. Die stortreen wat oor die gebied uitsak het grootliks gehelp om die vlamme te blus maar die gevaar is nog nie verby nie. Oral langs die pad en in die woongebied is daar brandspanne ontplooi en die polisie patrolleer die gebied. Ons het net tot in die omgewing van die Botaniese tuin beweeg so ek is nie seker of daar nog skade na die kant van Pringelbaai is nie.

Phone:
(27) 0282714212
Address:
17 A 14th street, Kleinmond, South Africa 7195
Hours:
Monday - Wednesday: 8:00 am - 1:00 pm, 2:00 pm - 5:00 pm Thursday - Friday: 8:00 am - 1:00 pm
Turn your Facebook Page into a website, instantly.

Try now for 14 days FREE

No credit card required, unsubscribe at any time. pagevamp.com