Die huis van die voorsitter van die Hangklip/Kleinmond Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), Jacques Oosthuizen, in Rooiels
Jun 21, 2020

Die huis van die voorsitter van die Hangklip/Kleinmond Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), Jacques Oosthuizen, in Rooiels singel digby die Kleinmond Gholfbaan, is vroeër vanaand feitlik heeltemal verwoes deur 'n brand. Dit is nog nie duidelik presies hoe die brand ontstaan het nie, maar daar word vermoed dat dit naby 'n kaggel in die dak uitgebreek het. Verskeie brandweerwaens is na die toneel, maar die brand het vinnig versprei. Die Oosthuizens het wel daarin geslaag om hul voertuie na veiligheid te bring.

Phone:
(27) 0282714212
Address:
17 A 14th street, Kleinmond, South Africa 7195
Hours:
Monday - Wednesday: 8:00 am - 1:00 pm, 2:00 pm - 5:00 pm Thursday - Friday: 8:00 am - 1:00 pm
Turn your Facebook Page into a website, instantly.

Try now for 14 days FREE

No credit card required, unsubscribe at any time. pagevamp.com