Jul 26, 2020

Die polisie ondersoek 'n klag van poging tot moord na 'n inwoner van Bettysbaai glo op 'n voertuig wat duikers afgelaai het, geskiet het. Die bevelvoerder van die polisie op Kleinmond, Lt.Kol, Anna May het aan die Overstrand Herald gesê dat die bakkie na bewering duikers afgelaai het, toe die inwoner glo verskeie skote na die bakkie geskiet het. Die bakkie is blykbaar verskeie kere getref. Slegs die bestuurder van die voertuig was ten tye van die voorval in die voertuig, maar is ongedeerd. Daar is toe 'n klag by die polisie gelê, wat nou 'n klag van poging tot moord ondersoek.

Vroeer het 'n groep smokkelaars glo met die polisie slaags geraak toe hulle wou keer dat die polisie beslag lê op drank in Geelbekstraat in Proteadorp op Kleinmond. Die polisie het later wel op die drank beslag gelê.

Phone:
(27) 0282714212
Address:
17 A 14th street, Kleinmond, South Africa 7195
Hours:
Monday - Wednesday: 8:00 am - 1:00 pm, 2:00 pm - 5:00 pm Thursday - Friday: 8:00 am - 1:00 pm
Turn your Facebook Page into a website, instantly.

Try now for 14 days FREE

No credit card required, unsubscribe at any time. pagevamp.com