Jun 1, 2020

Die polisiekantoor op Kleinmond sal na verwagting teen vanmiddag weer betrek word. Die geboue is skoongemaak na 'n lid van een van die skofte positief getoets is vir Covid-19. Die drie ander lede van die betrokke skof is intussen ook in isolasie geplaas. Die lid wat positief getoets is se kollega wat 'n voertuig met hom gedeel het, is intussen ook getoets, maar die uitslae is nog nie ontvang nie. Die ander twee skoflede sal waarskynlik vandag getoets word. Daarna sal 'n besluit geneem word of die ander lede by die stasie ook getoets moet word, sê die stasiebevelvoerder, Lt.kol. Anna May.

Phone:
(27) 0282714212
Address:
17 A 14th street, Kleinmond, South Africa 7195
Hours:
Monday - Wednesday: 8:00 am - 1:00 pm, 2:00 pm - 5:00 pm Thursday - Friday: 8:00 am - 1:00 pm
Turn your Facebook Page into a website, instantly.

Try now for 14 days FREE

No credit card required, unsubscribe at any time. pagevamp.com