Jan 11, 2019

Die situasie in Bettysbaai is kritiek het voormalige raadslid Liesl Krige 'n kort rukkie gelede aan die Herald gese. Daar is strukture wat bedreig word en mense wat glo vasgekeer is. Daar is glo verskeie brande wat aangedryf word deur die stormsterk wind. Die owerhede het intussen die pad na Bettysbaai net buite Kleinmond gesluit vir verkeer. Dit volg na die wind laasnag gedraai het en die brand weer in die omgewing van Harold Porter opgevlam het. Die hele Bettysbaai gebied is tans in 'n digte rookwolk gehul en is feitlik nie sigbaar van die Kleinmond kant af nie. 'n Erg emosionele inwoner wat 'n kort rukkie gelede by die padversprerring uit Bettysbaai aangekom het, het aan ons gese haar huis in Sunny Seas brand en dat sy nie weet waar haar man hom bevind nie

Phone:
(27) 0282714212
Address:
17 A 14th street, Kleinmond, South Africa 7195
Hours:
Monday - Wednesday: 8:00 am - 1:00 pm, 2:00 pm - 5:00 pm Thursday - Friday: 8:00 am - 1:00 pm
Turn your Facebook Page into a website, instantly.

Try now for 14 days FREE

No credit card required, unsubscribe at any time. pagevamp.com