Feb 1, 2019

Die twee verdagtes in die Kleinmond moordsaak, Denver April en Heswin Willemse (beide van Kleinmond) het vanoggend vlugtig in die landdroshof op Caledon verskyn op aanklagte van huisbraak en moord. Daar word aangevoer dat die twee betrokke was by 'n huisbraak in Kusweg Woensdagoggend waartydens 'n Pretoriase besoeker en afgetrede geoloog, mnr Pieter Minnie (60), met 'n skerp voorwerp gesteek is. Mnr Minnie is later in die hospitaal op Hermanus dood. Die saak is uitgestel na Maandag 4 Februarie om die beskuldigdes die geleentheid te gee om 'n prokureur/s aan te stel. Lees ons volledige verslag in aanstaande week se Herald.

Phone:
(27) 0282714212
Address:
17 A 14th street, Kleinmond, South Africa 7195
Hours:
Monday - Wednesday: 8:00 am - 1:00 pm, 2:00 pm - 5:00 pm Thursday - Friday: 8:00 am - 1:00 pm
Turn your Facebook Page into a website, instantly.

Try now for 14 days FREE

No credit card required, unsubscribe at any time. pagevamp.com