May 3, 2020

Ek het nie die oplossings nie, en ek is regtig nie lus vir 'n gebaklei nie, maar hier is 'n paar wenke wat vir my sin maak.

1. Die aantal gevalle in die Wes Kaap het die afgelope paar dae dramaties gestyg, 300 of 400 gevalle 'n dag op die oomblik. Ek is geneig om die Wes Kaapse regering te glo dat dit die gevolg van geteikende toetsing is en dat ons prosesse in die Wes Kaap doodeenvoudig meer effektief is as in die res van die land. Wat sê dit vir ons? Die virus is aan die kom en gaan ons binne die volgende maand of twee met geweld tref. Wees voorbereid daarop.

2. Ek was my hande elke enkele keer as ek uit my werf of kantoor gaan en weer inkom en telke male tussenin. Ek los altyd my skoene buite die huis as ek uit was. As jy net nou en dan uitgaan, trek uit en gaan stort en trek skoon aan.

3. Ek dra altyd 'n masker as ek uitgaan. Ek het 'n paar en vervang hulle die hele tyd sodat die ander gewas en gestryk kan word.

4. Vermy plekke waar mense saamdrom soos winkelsentrums. SPAR is op sy besigste van 10:00 in die oggend tot etenstyd. Hoekom in 'n tou staan tussen klomp mense en op 'n tyd wanneer daar die meeste mense in die winkel is. Probeer in 'n roetine kom van een keer per week winkel toe gaan en dan eerder vroeg of later. Stuur net een mens, die gesondste een in die huishouding. Maak seker die trollie se handvatsel is gesteriliseer voor jy daaraan vat. Moenie in die winkel onnodig aan goed vat en dit dan terugsit nie. Kry jou goed en kom so vinnig moontlik uit die winkel en sentrum.

5 Vermy die polisie kantoor en ander plekke waar mense vergader. Daar is al etlike polisiekantore in die Wes Kaap waar daar Covid uitbrake was, Gaan net as jy absoluut moet. Dieselfde geld vir apteke. Bestel jou medisyne 'n dag of wat voor die tyd en laat hulle aflewer, of bestel en gaan net in om op te tel.

6. Was altyd jou hande na jy kontantgeld hanteer het

7. Ouer mense en mense met onderliggende toestande is meer kwesbaar vir die siekte. Julle moet veral versigtig wees. Ek sien oral ouer mense wat staan en gesels met hul bure, sonder maskers, sommer so oor die heining of in die straat. Ons hospitale gaan baie besig raak in die volgende maand of twee en dis jou voorland as jy nie begin ag slaan op die waarskuwings nie.

Phone:
(27) 0282714212
Address:
17 A 14th street, Kleinmond, South Africa 7195
Hours:
Monday - Wednesday: 8:00 am - 1:00 pm, 2:00 pm - 5:00 pm Thursday - Friday: 8:00 am - 1:00 pm
Turn your Facebook Page into a website, instantly.

Try now for 14 days FREE

No credit card required, unsubscribe at any time. pagevamp.com