Mar 24, 2020

FINALE BESLUIT - SOPKOMBUIS

Na aanleiding van die nood maatreëls wat in werking tree op Donderdag 26 Maart 2020
as gevolg van die koronavirus, sluit al die dienssentrums. Die Kleinmond dienssentrum sluit
ook sy deure. Die Kleinmond dienssentrum kook elke dag die sop vir die sopkombuis.
Daarna word die sop vervoer na die perseel van die VGK-kerk waar die span aan diens
die sop-en-brood bedien. Dit is vanselfsprekend dat hierdie diens nou tot 'n einde loop vir
nou.

Die sopkombuis word nie genoem onder NOODSAAKLIKE DIENSTE van die Regering nie.
Daar is wel voorsiening gemaak vir winkels om oop te wees waar mense kos en ander benodigdhede mag koop.

Ons bediening aan die Gemeenskap is 'n privaat kerk-bediening.
Ons ontvang GEEN subsidie van die regering of die munisipaliteit nie.
Ons mense moet nou op hierdie tydstip by hulle huise bly, veral die wat al
senior burgers is. Daar is dus besluit dat ons moet inval met die nood maatreëls
wat die President genoem het in sy toespraak op Maandag 23 Maart 2020.

Die sopkombuis sluit dan op Donderdag 26 Maart 2020.

Daar word elke dag gedurende skooltyd meer as 400 etes per dag by die Primêre skool
vir die skoolkinders gekook. . Daar is gemiddeld 50 persone per dag wat sop-en-brood
ontvang by die sopkombuis. Dit is dus 'n totaal van 450 persone (min of meer)
wat elke dag iets kry om te eet.

Vanaf Vrydag 27 Maart 2020 sal hierdie syfer val tot NUL mense wat iets kry om te eet.
Skilder self die prentjie vir jouself.
Hierdie is nie volhoubaar vir ons dorp en ons omgewing nie.

Kontak is gemaak met Grant Cohen - hy is bewus van die situasie .

Moontlike oplossing : Daar is fantastiese geriewe beskikbaar by die Primêre skool
waar hulle die geriewe en spasie het om 400 etes per dag voor te berei. As die Munisipaliteit
of die Regering voorsiening wil/gaan maak vir minderbevoorregtes vir iets om te eet - is hierdie miskien die
perfekte lokaal, in ons omgewing, om te gebruik.
Die persone daar in beheer is Mnr. Brikkels en Mev. Goliath.

Ons bly in kontant en hou mekaar op hoogte van sake.

Dit sal goed wees om almal se terugvoer te ontvang.
Laat maar weet of daar miskien iets is wat pla.

seëngroete
Alice van Rooyen

Phone:
(27) 0282714212
Address:
17 A 14th street, Kleinmond, South Africa 7195
Hours:
Monday - Wednesday: 8:00 am - 1:00 pm, 2:00 pm - 5:00 pm Thursday - Friday: 8:00 am - 1:00 pm
Turn your Facebook Page into a website, instantly.

Try now for 14 days FREE

No credit card required, unsubscribe at any time. pagevamp.com