Mar 22, 2020

Hier is wat ek dink nou aan die gebeur is. Dit is 'n mening niks meer nie. As 'n mens kyk na wat in ander lande gebeur het, is ons nou by die punt waar ons n vinnige vermenigvuldiging van die infeksies kan sien, maw waar ons beweeg van honderde na duisende. Die regering weet dit en weet wat hy moet doen. Suid Afrikaners beskou die virus nie as 'n ernstige bedreiging nie. Ons het hierdie naweek gesien hoe vakansiegangers en inwoners hul nie veel steur aan oproepe om n afstand tussen hulle en ander mense te hou nie. Hulle hou vakansie en de damn met wat wie ookal se, ons gaan aan met ons lewens. Dit kan natuurlik nie voortgaan nie, die wetenskaplikes weet dit, die regering weet dit. En ek dink hulle is gereed om 'n algehele verbod op beweging te plaas en ons tot ons huise te beperk. Dit is die enigste manier om die virus stadiger te laat versprei. Afgesien van die ernstige ekonomiese gevolge van so 'n aankondiging is dIe regering se probleem hoe om dit toe te pas. Dit is maklik om vir my te se bly in jou huis, maar wat maak jy met die miljoene mense wat saamgekoek sit in sinkhuisies die land oor. Hoe hou die mense hul kinders in die huis, waarvan gaan hul leef en hoe gaan hulle hul kinders kos gee. Daar is nie naastenby genoeg polisiemanne en weermaglede om so 'n reeling toe te pas nie. Suid Afrika is nie Italie nie.

Phone:
(27) 0282714212
Address:
17 A 14th street, Kleinmond, South Africa 7195
Hours:
Monday - Wednesday: 8:00 am - 1:00 pm, 2:00 pm - 5:00 pm Thursday - Friday: 8:00 am - 1:00 pm
Turn your Facebook Page into a website, instantly.

Try now for 14 days FREE

No credit card required, unsubscribe at any time. pagevamp.com