Jul 17, 2020

Kleinmonders boos na hulle met slapriem gevang word

Talle Kleinmonders het vanoggend by die Overstrand Herald se kantoor kom kla dat hulle met 'n slapriem deur 'n smous in Hoofweg gevang is. Die smous wat sake doen by die markplein aan die onderkant van die rugbyveld verkoop glo bottels heuning vir R60. Die probleem sê inwoners is dat dit glo nie heuning is nie, maar goue stroop. Een ontstoke inwoner het die man agter die plan glo gekonfronteer en haar geld teruggekry. Hy het glo aangevoer dat hy die produk by iemand in die Helderberg aangekoop het en nie bewus was van die inhoud nie. Dieselfde man was onlangs in die nuus toe sy bure in Tiende laan hom daarvan beskuldig het dat daar na bewering dwelms verkoop word vanuit sy huis.

Phone:
(27) 0282714212
Address:
17 A 14th street, Kleinmond, South Africa 7195
Hours:
Monday - Wednesday: 8:00 am - 1:00 pm, 2:00 pm - 5:00 pm Thursday - Friday: 8:00 am - 1:00 pm
Turn your Facebook Page into a website, instantly.

Try now for 14 days FREE

No credit card required, unsubscribe at any time. pagevamp.com