Jul 17, 2020

Kleinmond se eerste Covid sterfgeval 'n geliefde plaaslike geneesheer

'n Bekende plaaslike geneesheer van Kleinmond het gisteraand beswyk na hy Covid-19 opgedoen het. Me Maureen Moses het vanoggend bevestig dat haar man,dr Eustace Humphrey Moses (74) gisteraand in die Tygerberg hospitaal oorlede is. Hulle het twee seuns, Vaughn and Warrick. Dr Moses het vir jare lank al 'n spreekkamer in Kleinmond se hoofweg. Me Moses het aan die Overstrand Herald gesê sy was haar man se ontvangsdame en hulle was onlangs in kontak met 'n persoon wat Covid opgedoen het. Hulle het toe sedert 6 Julie hulself geisoleer. Sy sê haar man het Saterdag begin sleg voel en gesukkel met asemhaling. Teen Dinsdag is hy in die hospitaal opgeneem en hy is gisteraand (Donderdag 16 Julie 2020) oorlede.

Phone:
(27) 0282714212
Address:
17 A 14th street, Kleinmond, South Africa 7195
Hours:
Monday - Wednesday: 8:00 am - 1:00 pm, 2:00 pm - 5:00 pm Thursday - Friday: 8:00 am - 1:00 pm
Turn your Facebook Page into a website, instantly.

Try now for 14 days FREE

No credit card required, unsubscribe at any time. pagevamp.com