Mar 23, 2020

Ons loods Operasie Helpmekaar

Operasie Helpmekaar is ‘n veldtog deur die Overstrand Herald, die gemeenskapsgedrewe sosiale blad, Kleinmond Kwessies en plaaslike raadslede, Grant Cohen. Fanie Krige en Charmaine Resandt, om in die eerste plek inligting oor die Korona-virus in veral ons arm woonbuurte, maar ook ons groter gemeenskap, te versprei. Die Herald gaan vandeesweek pamflette met inligting oor die virus in verskillende tale druk. Hiermee saam gaan ons ‘n veldtog loods om seep in te samel vir behoeftige huisgesinne. Ons weet almal handewas is een van die belangrikste maniere om die siekte te voorkom.
Ons wil elke huisgesin en besigheid in die Hangklip/Kleinmond streek vra om ‘n koekie of twee seep tot die projek by te dra. Help asseblief as jy kan. Ons sal bokse op die stoep buite die Herald se kantoor in Kleinmond se nywerheidsgebied neersit waarin u die seep kan plaas. As u ‘n besigheid is waar die Herald koerante aflewer, plaas asseblief u eie boks iewers waar mense hul koekies seep kan skenk. Ons sal dit dan oplaai. Die gedagte is om die pamflette saam met die seep onder behoeftige mense dwarsoor ons vier dorpies te versprei.
Daarmee saam het ons ‘n ooreenkoms aangegaan met ‘n plaaslike maatskappy, Zellen Art, om alkoholgebaseerde handewasmiddels in hul fabriek vir ons te vervaardig en te verskaf teen kosprys. Ons gaan dit ook aan behoeftige gesinne regoor die streek uitdeel. Op hierdie tyd stop kom dit in 50ml houertjies. Dit gaan veral die mense in die arm woonbuurte help wat nie geredelike toegang tot water het nie. Terselftertyd ondersteun ons ‘n plaaslike onderneming.
Die handreiniger moet natuurlik aangekoop word en daarvoor het ons u hulp nodig. Ons het ‘n bestelling vir 1000 botteltjies geplaas wat ons in die orde van R8000 gaan kos. Ons betaal net onder R8.00 per houertjie. As u kan help en ons wil ondersteun betaal asseblief u skenking in die volgende rek by FNB Hermanus 250655. Overstrand Herald spaar rek no 62690621810 verwysing Seep.

Kom ons werk saam en beveg hierdie virus op elke moontlike wyse.

Phone:
(27) 0282714212
Address:
17 A 14th street, Kleinmond, South Africa 7195
Hours:
Monday - Wednesday: 8:00 am - 1:00 pm, 2:00 pm - 5:00 pm Thursday - Friday: 8:00 am - 1:00 pm
Turn your Facebook Page into a website, instantly.

Try now for 14 days FREE

No credit card required, unsubscribe at any time. pagevamp.com