Mar 23, 2020

Operasie Helpmekaar help waar hy kan

Nog groepe het by Operasie Helpmekaar aangesluit in hul poging om die Covid-19 virus in ons gebied te bestry. Operasie Helpmekaar, wat tot dusver uit die Overstrand Herald, Kleinmond Kwessies se Trisa Hugo en ons plaaslike raadslede bestaan het, is besig om onder meer belangrike inligting, seep en handreinigers onder veral die behoeftiges in ons gemeenskap te versprei. Talle mense het reeds gehelp. Koekies seep kan by die Herald se kantoor in bokse op die stoep gesit word. In ‘n wonderlike gebaar het ‘n weldoener R8000.00 geskenk om alkohol gebaseerde handwasmiddels te koop vir die projek. Die 1000 houertjies gel-tipe wasmiddel gaan aan behoeftige mense regoor die vier dorpe versprei word.
Dit het intussen duidelik geword dat daar ook groot behoeftes by veral die polisiestasie op Kleinmond is. Raadslid Grant Cohen en die Gemeenskapspolisieringsforum (GPF) se Jacques Oosthuizen, wat nou ook deel is van Operasie Helpmekaar, het ingegryp en daar is gereël dat daar ‘n behoorlike glasskeiding in die aanklagkantoor aangebring word. Dit sal later vandeesweek opgerig word. Nagenoeg 150 bottels handreiniger gaan ook deur Operasie Helpmekaar aan polisiemanne en vroue oorhandig word. Dieselfde gaan gebeur by die munisipaliteit se wetstoepassing – en verkeersafdelings. Die handreiniger word trots plaaslik vervaardig deur Zellen Arts wat ‘n spesiale produksielyn ingerig het vir die doel

Phone:
(27) 0282714212
Address:
17 A 14th street, Kleinmond, South Africa 7195
Hours:
Monday - Wednesday: 8:00 am - 1:00 pm, 2:00 pm - 5:00 pm Thursday - Friday: 8:00 am - 1:00 pm
Turn your Facebook Page into a website, instantly.

Try now for 14 days FREE

No credit card required, unsubscribe at any time. pagevamp.com