Operasie Helpmekaar:
Mar 26, 2020

Operasie Helpmekaar: Inwoners vat hande

KLEINMOND – Die adjunk uitvoerende burgemeester van die Overberg Distriksmunisipaliteit, Archie Klaas sê Dinsdag tydens ‘n blitsbesoek aan Kleinmond – “Kleinmond always leads, Kleinmond is always first.” Dit was kort aan hy ingelig is oor die dorp se Operasie Helpmekaar. Dit is ‘n gesamentlike projek deur verskeie organisasies en rolspelers in die lig van die dreigende Corona virus. Dit sluit in die Overstrand Herald se Gerard Grobler, Kleinmond Kwessies se Trisa Hugo, raadslede Grant Cohen en Fanie Krige en die GPF se Jacques Oosthuisen. Die partye het almal besluit om kragte saam te snoer en te doen wat ons kan om die siekte te voorkom in ons streek.
Een van die eerste projekte was om soveel moontlik inligting by veral by inwoners uit te kry. Die Herald het pamflette gedruk wat inligting oor die inperkingstyd sowel as die siekte self in Xhosa weergee. Trisa het die boodskap versprei via Kleinmond Kwessies en geheklp waar sy kon, so ook Vanya Jones. Operasie Helpmekaar het ook onderhandel met ‘n plaaslike vervaardiger van handreiniger, Zellen Art om ‘n duisend botteltjies handewas- gel (70% alcohol) aan te koop. Zellen het dit goedgunstelik ingestem om dit teen kosprys aan ons te verkoop. Ons het egter R8000.00 nodig gehad om daarvoor te betaal en het ons beroep op die publiek. Enkele ure later het Grobler ‘n boodskap ontvang dat die volle bedrag in die rekening inbetaal is. Die weldoener is ‘n Kleinmonder wat gevra het om anoniem te bly. Wat ‘n wonderlike gebaar!!! Teen Woensdagoggend was die pamflette gedruk en die handreinigers verpak en reg om versprei te word.
Intussen het daar begin klagtes instroom van ons polisiemanne en vroue wat teen Maandag nog geen beskermende drag of selfs handreinigers ontvang het nie. Hulle is in die frontlinie en moet elke dag met mense werk of hulle nou wil of nie. Jacques Oosthuizen, voorsitter van die GPF en raadslid Grant Cohen het dadelik aan die werk gespring. Johan Cloete van BB Glas op Bettysbaai het ingewillig om op sy eie koste ‘n spesiale afskeiding in die klagtekantoor op te rig. Bravo Johan!! Tussen Jacques, Grant en die Overstrand Herald is daar ook gereël dat sowat 300 botteltjies handreiniger by Zellen Art (ook teen kosprys) aangekoop word om onder die polisie en munisipale wetstoepassers-en verkeersmanne uitgedeel te word. Kindersorg se personeel het ook van die handreinigers gekry. Daar is hiervoor betaal met geld wat oorgebly het in die brandfonds wat vroeër vanjaar na die verwoestende brand in Bettysbaai gestig is.
Operasie Helpmekaar se volgende projek is om vir elkeen in ons vier dorpe ‘n masker te gee, veral die wat dit nie kan bekostig nie. Dit is egter nog ‘n projek in wording en ons hou u op die hoogte.

Phone:
(27) 0282714212
Address:
17 A 14th street, Kleinmond, South Africa 7195
Hours:
Monday - Wednesday: 8:00 am - 1:00 pm, 2:00 pm - 5:00 pm Thursday - Friday: 8:00 am - 1:00 pm
Turn your Facebook Page into a website, instantly.

Try now for 14 days FREE

No credit card required, unsubscribe at any time. pagevamp.com