Overstrand Herald se toutrek-span op die oomblik die gunsteling
Sep 16, 2019

Overstrand Herald se toutrek-span op die oomblik die gunsteling

Die Overstrand Herald se toutrek-span blyk op die oomblik die gunsteling te wees om Dinsdagoggend 24 September tydens die groot Boere sportdag op Laerskool Kleinmond se sportveld as die dorp se toutrek kampioene gekroon te word. Die dag word gehou om geld in te samel vir die Kleinmond/Sarmiento (Argentinië) Kulturele Uitruil Program en die program begin om 10:00 die oggend. Die Herald- span word afgerig deur die deurwinterde toutrekker, Cornelia Calitz, en oefen al geruime tyd. Spanbestuurder, Gerard Grobler, het Maandag gesê dit wil vir hom lyk asof ander organisasies ietwat skrikkerig is vir die Herald se gedugte span aangesien daar nog maar min inskrywings vir die toutrek was. " Ek dink bv hier aan spanne soos die SPAR wat hulle hoog opgee as dit kom by rolbal maar lyk my skrikkerig is as dit kom by toutrek. Op die oomblik het ons net nie kompetisie nie," het Grobler gesê.

Grobler het gesê hy begryp as ander spanne skrikkerig is vir die Herald se span maar daag hul nietemin uit om te kom deelneem. "Ek dink hier aan groepe soos die rolbalklub, die jukskei mense, die tennisklub, die rugbyklub, die hengelklub, die straatwag, die kerke, die skole, die senior burgers, die gimnasium. die Sake Forum, Kleinmond Kwessies ( Ja julle kan ook 'n span saamstel), die munisipaliteit, die brandweer, Bayside en Datastoor, Kleinmond Glas. Buildit, Bouhandel, Harbour Corner restaurant, Sandown Sekuriteit, Ask Sekuriteit en al die ander besighede en groepe op die dorp."

Elke span moet vyf lede hê waarvan minstens twee vroue moet wees. Die inskrywingsfooi is R150 per span. Grobler sê: "Ons weet ons is uiteraard die sterker span en boonop ingeoefen, maar wil nietemin die ander spanne ook 'n kans gun om met die beker weg te stap."

As jy 'n span wil inskryf stuur 'n epos na corneliax2@gmail.com. Op die meegaande foto is die beker waarmee die wenners beloon gaan word.

Phone:
(27) 0282714212
Address:
17 A 14th street, Kleinmond, South Africa 7195
Hours:
Monday - Wednesday: 8:00 am - 1:00 pm, 2:00 pm - 5:00 pm Thursday - Friday: 8:00 am - 1:00 pm
Turn your Facebook Page into a website, instantly.

Try now for 14 days FREE

No credit card required, unsubscribe at any time. pagevamp.com