
KLEINMOND – Saterdag 29 Maart se Opedag by die Tennisklub vir mense wat in Pickleball belangstel, was ‘n aksievolle geleentheid, waaraan oud en jonk deelgeneem het.
“Ons het nou 20 permanente lede, en vandag het nog spelers hul belangstelling getoon,” sê Francois Mostert. “As jy by die klub vir Pickleball aansluit, kan jy tennis ook op ons bane speel.”
Die plaaslike Pickleballgroep het ook al sosiale kontak met Arabella en die groot klub in Hermanus gehad. Hulle speel blykbaar binnenshuis, wat die spel toeganklik in enige weersomstandigheid maak. Vier Pickleballbane pas volgens Francois in een tennisbaan se grootte in.




- Kobie Coetzeehttps://overstrandherald.co.za/author/kobie/April 17, 2025
- Kobie Coetzeehttps://overstrandherald.co.za/author/kobie/April 17, 2025
- Kobie Coetzeehttps://overstrandherald.co.za/author/kobie/April 17, 2025