1948/09/12 – 2025/02/26

KLEINMOND – Die gemeenskap was hartseer hom te verneem dat Pieta Pieterse op 26 Februarie in Vergelegen hospitaal aan ‘n massiewe hartaanval beswyk het. Hy was in die 15 jaar wat hy en Marie op Kleinmond gewoon het, baie betrokke in die gemeenskap. Boodskappe van medelye het op Facebook uit alle oorde ingestroom, want Pieta was ‘n geliefde onderwyser en skoolhoof.

“My pa was ‘n besige besie en baie lief vir mense. Vir ons as gesin was hy die rots. Ons kon met enigiets na hom toe gaan, want hy het altyd raad gehad. Hy het die laaste tyd maar heelwat met sy gesondheid gesukkel, maar dat hy sou sterf, was vir ons ‘n skok,” sê sy seun, Carel.

Hy beskryf sy pa as ‘n mentor en wysheer wat sy loopbaan met passie uitgeleef het.

Hier is ‘n opsomming daarvan:

Pieta was vir 30 jaar in die onderwys by die ou Transvaalse Onderwysdepartement (TOD). Het hy diep spore daar getrap en het op verskeie komitees en rade van die TOD gedien. Hy was skoolhoof by verskeie skole: Laerskool Drakensig in Hoedspruit, Laerskool Barberton, Laerskool Bronkhorstspruit om maar ‘n paar te noem.  Hy was geliefd en gerespekteer in die onderwys.

Pieta het in 1997 afgetree en hy en Marie het hulle in Vishoek gevestig waarna hulle in 2010 na Kleinmond verhuis het om finaal in Kogelpark/Gerimed Tehuis vir Bejaardes te kom aftree. Hy was alom bekend in Kleinmond asook op sosiale media. Hy was ‘n Godsman en was baie betrokke by die Fellowship en ChristGen kerke. Afrikaans was sy groot liefde en hy kon die mooi taal laat vloei uit sy goue pen.

Sy vrou, Marie, sy kinders en kleinkinders was sy lewe. Hy en Marie was 55 jaar getroud.

Hy laat Marie, twee kinders, Carel en Zelda, skoonkinders MC en Marisa asook  3 kleinkinders: Carli, Mika en Dihan agter.

Pieta se lewe word vandag, 6 Maart om 11:00 in die Tobie Erasmussaal, Kogelberg Aftreeoord gevier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *