
KLEINMOND – RE/MAX BLUE SKY in Kleinmond het pas hul WE❤️ART uitstalling aan-gekondig,wat van 17 Maart tot 17 Junie 2025 duur. Hierdie is baanbrekerswerk met ‘n innoverende konsep genaamd “Kuns vir Kantore.” Hierdie inisiatief bied aan plaaslike kunstenaars vir drie maande uitstalruimte in hul kantore, vry van enige kommissie, administratiewe of ander fooie.
RE/MAX BLUE SKY glo vas dat alle wins wat uit die uitstalling gegenereer word, aan die kunstenaars teruggegee moet word, aangesien hulle die direkte begunstigdes van hierdie program is. “Ons is nie in die kunstebedryf nie, maar ons doel is om hierdie kunstenaars te ondersteun deur waardevolle uitstal-ruimte, blootstelling en er-varing aan hulle te verskaf,” sê hulle.
Hierdie uitstalling sal die werke van tien talentvolle kunstenaars van Kleinmond en Bettysbaai vertoon, wat die plaaslike kantoormure met hul kunsskeppings in ‘n lewendige bloulug-doek sal omskep. Die kun-stenaars sluit Antoinette Coetzee, André Hanekom, Jane Davidson, Mary-Anne Flanagan, Grace Hounsom, Lynn Joubert, Rita Olivier, Talitha du Preez, Vincenzo Romano Bianchi en Ronella Zwarts in. RE/MAX BLUE SKY wou met een kunstenaar op ’n slag begin, maar die reaksie op hul advertensie was so oorweldigend dat hulle besluit het om dit ’n groepuitstalling te maak met elke kunstenaar wat drie kunswerke saambring of dit nou skilder, beeldhouwerk of pottebakkery is.
“Ons verwag dat plaaslike inwoners en besoekers van regoor die wêreld wat Kleinmond of die Overberg-streek besoek, hierdie ge-leentheid sal benut om ons kantore te besoek en hulself te verdiep in die eklektiese mengsel van kuns wat passievol geskep is deur die talentvolle kunstenaars. RE/MAX BLUE SKY is vurige kunsliefhebbers, en elke kunswerk is ‘n bewys van die kunstenaars se toewyding en kreatiwiteit. Ons sien genialiteit in hul werk, en ons moedig almal aan om hierdie kunstenaars te kom ondersteun,” sê hul woordvoerder, Vittorio. “Almal in ons kantoor het ‘n passie vir kuns, so ons het besluit om dit ons gemeenskapsprojek te maak.”
Een van die kunstenaars, Rita Olivier, sê dit is ’n godgegewe geleentheid vir haar. “Ek was so opgewonde toe ek die advertensie sien vir plaaslike kunstenaars om deel van die uitstalling te word. My ma het demensie, en ek is al 12 jaar haar enigste versorger. Ek is ‘n selfopgeleide kun-stenaar, maar omdat ek heeltyd tuis is, het ek geen manier om my skilderye te bemark nie. Dit is werklik ‘n lewensredder vir my.”
“Elke kunstenaar het ‘n storie soos hierdie. Een kunstenaar het vir jare nie geskilder nie. Hierdie geleentheid het haar aangespoor om weer te begin. Almal van hulle is uiters talentvol, en hulle het nie eens van mekaar geweet nie. So nou bring ons ook vreemdelinge wat dieselfde passie deel, bymekaar,” sê Vittorio.
Die WE❤️ART uitstalling sal vir die publiek vanaf 14:00 tot 17:00 op weeksdae oop wees en 09:00 tot 14:00 op Saterdae. Dis op Sondae gesluit.
Elke kantoor word onafhank-lik besit en bedryf. Kontak ons gerus op 067 494 9665.
Ilze van Zyl
Rita Olivier se kuns is ‘n lus vir die oog, so talentvol! – dis perfekte geleentheid vir potensiele huis eienaars om so ‘n talentvolle kunstenaar persoontlik te ontmoet en van haar talent gebruik te maak in hul pragtige nuwe huise.
Ek glo julle gaan ‘n suksesvolle uitstalling he met al hierdie talentvolle kunstenaars en dat dit sommer ‘n permanente instelling sal word.