
KLEINMOND – Kat-eienaars op Kleinmond (en waarskynlik ook die res van die Overstrand) moet solank daaraan begin dink om vir hul katte klokkies aan te skaf. Die wykskomitee van wyk 9 (Kleinmond) het gistermiddag ‘n aanbeveling aanvaar dat klokkies vir katte verpligtend gemaak word.
Die aanbeveling sal nou aan die burgemeesterskomitee voorgelê word en indien dit uiteindelik deur die raad aanvaar word, in die plaaslike ordonansies opgeneem word.
Die klokkies is bedoel om diertjies en veral voeltjies waarop katte jag maak, te waarsku. ‘n Studie van die Universiteit van Kaapstad wat in 2020 gepubliseer is, het bevind dat die sowat 300 000 katte in die stad toe jaarliks tot soveel as 27.5 milloen diertjies/voeltjies in ‘n jaar gevang en doodgemaak het. Daar is vroëer ook bevind dat huiskatte ‘n beduidende rol gespeel het in die uitwissing van sowat 26% van die wêreld se voels, soogdiere en reptiele op die internasionale rooilys vir bedreigde spesies.
Daar is op die oomblik ‘n groot probleem met rondloperkatte in die omgewing van Meerenvlei op Kleinmond, is Donderdag by die wykskomitee gesê. Dis glo grootlike te danke aan mense wat wilde- en rondloperkatte daar voer. Die katte het glo reeds ‘n beduidende uitwerking op die voellewe in die direkte omgewing gehad.
Hanlie
Ek het ‘n 10 jaar oue kat met 3 pote. Geen manier waarop hy ‘n halsband net ‘n klokkie nou sal begin dra nie. Met 3 bene en sy ouderdom wat teen hom tel, is hy afgetree en is geen bedreiging vir enige voël nie. Hy loop ook nie rond nie want hy kry genoeg kos, aandag en liefde by die huis. Inteendeel, rondloper honde en eienaars van honde wat nie op ‘n lyband is nie, hou gevaar vir my kat in wat dink honde is sy maatjies.