KLEINMOND – Sonja Herholdt het op Saterdag 1 Maart ‘n vertoning in die klein teater opgetree wat tussen Cobus van den Berg se besonderse motorversameling in die Blomstoor, Heuningkloof in-gerig is.

“Sonja het jare gelede ook in my teaterkafee in Kaapstad opgetree. Haar stem word vir my net ryker en voller, al stap die jare aan,” sê Cobus.

Dit is deur lede van die gehoor beaam, wat in groot getalle met hul piekniekmandjies vir die nostalgiese vertoning opgedaag het.

Dis die tweede konsert wat Cobus in die Blomstoor reël. Op 9 Februarie het Rona Zwarts en Philip de Vos daar opgetree.

“Ek huur die perseel van James Wessels vir my motorversameling, maar ek besluit nog of en hoe gereeld ek dit as teater gaan gebruik. As ek ons kunstenaars daarmee kan help, doen ek dit met graagte,” sê hy.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *