
KLEINMOND – Suemari, oud-leerling van Laerskool Kleinmond en dogter van Suelene Bezuidenhout wat vir jare ook hier onderwyser was, het onlangs gehoor dat sy ‘n kwalifiserende tyd behaal het om van 4-6 April aan die SA’s in Port Elizabeth te gaan deelneem. Sy neem in haar WP-kleure deel.
Die vereistes vir ‘n Standaard driekamp is as volg: Swem: 1,5 km, fietsry: 40 km en hardloop: 20 km.
Suemari is tans Veearts in Table View. Suelene het aan die einde van 2024 afgetree as Vakadviseur in Wiskunde vir Graad 4-7.