
In samewerking met “Mooi”-Geskenkwinkel en die Overstrand Herald.
- Hierdie Ouma word deur haar kleinkind ingeskryf, want sy is in haar/sy oë die mooiste, liefste en beste Ouma.
- Sy moenie jonger as 65 wees nie – dis aftree-ouderdom!
- Sy moet ‘n permanente inwoner van die Overstrand Herald se verspreidingsgebied wees – Kleinmond, Bettysbaai, Pringlebaai of Rooiels.
- Die inskrywingsvorm, mét die geskrewe motivering hoekom sy die “Mooi”– Ouma moet wees, moet ‘n duidelike, onlangse foto van Ouma aangeheg hê wanneer dit by “Mooi” ingehandig word.
- Inskrywingsvorms is beskikbaar by die “Mooi”- geskenkwinkel in die Sparkompleks en moet ook daar ingehandig word.
- Inskrywingsfooi is R50 en is by “Mooi”-geskenkwinkel betaalbaar wanneer die inskrywingsvorm en die meegaande foto ingehandig word.
- Die sluitingsdatum vir inskrywings is 20 Junie 2025.
- Daar sal aanvanklik 10 finaliste gekies word en hulle foto’s sal in die Overstrand Herald verskyn.
- Die “Mooi”- Ouma en haar twee ewe “Mooi”- prinsesse word op
29 Julie 2025 tydens die VLV se Demonstrasiedag aangewys.
- Finaliste moet teenwoordig wees vir die kroning, dus save the date! Indien ‘n finalis nie teenwoordig kan wees nie, moet sy onttrek.
- Aantreklike pryse is op die spel vir die finaliste: die “Mooi”- Oumas sowel as die kleinkinders wat hulle inskryf, want die motiverings tel ook! (Oor die pryse sal later breedvoerig berig word)
Laat die inskrywings instroom!!