
In samewerking met “Mooi”-Geskenkwinkel en die Overstrand Herald
- Hierdie Ouma word deur haar kleinkind ingeskryf, want sy is in haar/sy oë die mooiste, liefste en beste Ouma.
- Sy moenie jonger as 65 wees nie – dis aftree-ouderdom!
- Sy moet ‘n permanente inwoner van die Overstrand Herald se verspreidingsgebied wees – vanaf Botrivier tot die Kogelberg (Kleinmond, Bettysbaai, Pringlebaai of Rooiels).
- Die inskrywingsvorm, mét die geskrewe motivering hoekom sy die “Mooi”– Ouma moet wees, moet ‘n duidelike, onlangse foto van Ouma aangeheg hê aan die vorm, wanneer dit ingehandig word by “Mooi”.
- Inskrywingsvorms is beskikbaar by die “Mooi”- geskenkwinkel in die Sparkompleks en moet ook dáár ingehandig word.
- Inskrywingsfooi is R50 en is by “Mooi”-geskenkwinkel betaalbaar wanneer die inskrywingsvorm en die meegaande foto ingehandig word.
- Die sluitingsdatum vir inskrywings is 20 Junie 2025.
- Daar sal aanvanklik 10 finaliste gekies word en hulle foto’s sal in die Overstrand Herald verskyn.
- Die “Mooi”- Ouma en haar twee ewe “Mooi”- prinsesse word op
29 Julie 2025 tydens die VLV se Demonstrasiedag aangewys.
- Finaliste moet teenwoordig wees vir die kroning, dus save the date! Indien ‘n finalis nie teenwoordig kan wees nie, moet sy onttrek.
- Aantreklike pryse is op die spel vir die finaliste, die “Mooi”- Ouma’s sowel as die kleinkinders wat hulle inskryf, want die motiverings tel óók!! (Oor die pryse sal later breedvoerig berig word)
SwerwerSiel
Sien so uit om die mooi ouma finaliste te sien.
🌸🌸🌸