
“U beriggewing is absoluut op die man af. Ons as lesers weet presies wat u sê en hoe u die ware feite ervaar sonder om doekies om te draai ”. – Santie Pienaar, Bettysbaai.
Die Overstrand Herald is ‘n klein, onafhanklike gemeenskapskoerant wat die afgelope 25 jaar in Kleinmond, Bettysbaai, Pringlebaai en Rooiels versprei word. In 2020 het ons Regiotv, ‘n streektelevisiediens vir die Overstrand streek, begin. Ons sal hierdie proses verder neem vanjaar. Die uitgewer van die Overstrand Herald is Gerard Grobler. U kan aan hom skryf by redakteur@overstrandherald.co.za. Ons advertensiebestuurder is Lindy Groenewald by lindy@overstrandherald.co.za. U kan ook die kontakvorm onder die hofie “Praat Met Ons” invul en ons sal help waar ons kan.
Ja, dit kos geld om ons inhoud en berigte te lees, want dit kos geld om dit te skep. Dit kom neer op rofweg die prys van een goeie koppie koffie per maand. Deur ons te ondersteun bevorder u diversiteit in ons plaaslike media en stel u ons in staat om te berig oor die jongste gebeure wat u direk raak.
Vriendelike groete
Gerard Grobler